KANARIE – DIE REVIEW

As ‘n mens aan goeie Afrikaanse rolprente dink, kom films soos Ballade vir ‘n Enkeling, Vir die voëls en Johnny is nie dood nie na vore en nou is daar nog een; Kanarie.

 

Of so sal mens net hoop, want soos wat ek in die teater rondkyk gaan die mense wat dit werklik moet sien, dit nie gaan kyk nie.  Ek praat natuurlik van al die konserwatiewe Afrikaans-sprekendes.  Die oom en tannie wat nog gister die woord “moffie” gebruik het, die rugby-laaities wat die drama-geeks steeds “fags” noem.

 

Kanarie se sinopsis handel oor Johan Niemand (Schalk Bezuidenhout) wat opgeroep word vir diensplig in die jaar 1985.  Hy slaag in sy oudisie vir die weermag se kerkkoor en konsertgroep, oftewel die Kanaries.  Deel van die groep is Wolgang (Hannes Otto) en Ludolf (Germandt Geldenhuys) met wie Johan bevriend raak.   Op toer onstaan ‘n “onwettige” romanse tussen Wolgang en Johan, wat veroorsaak dat Johan alles van homself bevraagteken.

 

Die film raak alle sensitiewe onderwerpe soos geloof, apartheid en seksualiteit aan.  Die teks is fantasties, kru en kras, maar uitstekend in konteks.   Veral Korporaal ‘Crunchie’ se lyne.  Daar is hier en daar ‘n ongemaklikheid wat die sensitiewe kyker kan ontstel.  Die kamerawerk is meestal goed, buiten vir die tye waar daar vir fotos geposeer word, maar dit in die vorm van film oorgedra word.  Die klankbaan is ook goed gepas vir die film.

Die is ‘n moet sien rolprent.

 

Kanarie was op die 19de Oktober vrygestel.

 

kanarie-film-stills-02.jpg

kanarie-film-stills-16.jpg
Johan Niemand (Schalk Bezuidenhout)
kanarie-film-stills-06.jpg
Korporaal Crunchie (Beer Adriaanse), Ds Koch (Gerard Rudolf)  en Ds Engelbrecht (Jacques Bessenger)
kanarie-film-stills-08.jpg
Johan (Schalk Bezuidenhout) en Wolgang (Hannes Otto)

Alle Media: Kanarie Film

Directed by
CHRISTIAAN OLWAGEN

Starring
SCHALK BEZUIDENHOUT,  HANNES OTTO,  GERMANDT GELDENHUYS,  GERARD RUDOLF,  JACQUES BESSENGER,  LUDWIG BINGE,  FRANCOIS JACOBS,  DE KLERK OELOFSE,  DAVID VIVIERS,  ANRICO GOOSEN

 

Soos geskryf vir ContentCapitalSA

Deur Ruan de Ridder

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s