Vir altyd, waar is jy nou?

Dink gou net vir ‘n oomblik hoeveel keer jy terme soos; ‘bff’, my-enigste en verewig gebruik het.  Dink nou weer na aan al die oomblikke en besef net hoe min van daardie oomblike werklik ‘verewig’ is.

Toemaar, jy is nie die enigste een met hierdie probleem nie, maar waar lê die probleem?

  • Heg ons te gou waarde aan tydelike goed.
  • Besef ons nie werklik die waarde van hierdie terme nie.
  • Sê ons dit net, want dit is die regte ding om te sê.

Al die bogenoemde is die korrekte antwoord, volgens my.  Hoekom sê ek dit? Kom ons kyk na elke rede op sy eie vir eers.

  1. Heg ons te gou waarde aan tydelike goed.

Baie mense raak gou verlief (ja, dis ‘n algemene probleem) en ontwikkel gou gevoelens teenoor iemand of iets.  As ons emosies en gevoelens aan iets koppel voel ons dadelik die behoefte om ‘n ‘label’ daaraan te koppel.  Of dit nou vriendskap, liefde of enige simpel konnotasie is.  Ja ons doen.

2. Besef ons nie werklik die waarde van hierdie terme nie.

Dit is vir ons baie maklik om ‘n woord aan iets te koppel, sonder om enigsins die woord se ware betekenis te verstaan.  Nee ons doen nie.

    3. Sê ons dit net, want dit is die regte ding om te sê.

Ek dink baie keer sê ons dit net want ons dink dit is die ‘regte’ ding om te doen, maar dan sou die regte ding eerder wees om te wag tot wanneer jy heeltemal seker is dat die persoon ‘die een’ is voor jy iets sê.  Ja ons doen.

 

Tyd is ‘n baie belangrike faktor in hierdie volgens my.  Ons wil deesdae alles jaag, want ek meen als gebeur in vandag se wêreld ‘instantly’.  Hoe gouer iets begin, hoe beter glo ons as die mensdom.  En dan glo ek weer: Hoe gouer jy iets begin, hoe gouer kom dit tot ‘n einde.

 

 

Advertisements

One Comment Add yours

  1. maatjiema sê:

    Mens moet baie versigtig wees met daai “L” woord. Baie gevaarlike woordjie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s