Nuwe jaar, ou dinge

Dis die selfde storie elke jaar, “ ‘n nuwe begin ”. Ons beskou die eerste Januarie as ons kans om oor te begin en te vernuwe. Kom ons verander dit bietjie die jaar en verbeter op die ou goed. Die foute wat ons deur die jaar gemaak het, het gebeur en niks wat ons met die 21ste eeu se tegnologie kan doen sal dit verander nie (dalk later as ons uiteindelik ‘n ‘timemachine’ uitgedink het). Die jaar 2017 is die jaar van afbreek en herbou.

Vergifnis is όόk die jaar ‘n moet. Dalk het jy mense wat jou seergemaak het in die verlede of waarvoor jy vir een of ander rede kwaad geword het nog nie vergewe nie? Om aan te gaan en te herbou in die nuwe jaar gaan jy moet leer om te vergewe en aan te beweeg. Dis die enigste manier, maar nie altyd die maklikste nie. Byt net vas en druk deur want daarna raak dit net beter. Mense en gebeurtenisse moet nie jou lewe beheer nie, jy is die kaptein van jou eie skip en slegs jy moet bepaal waarheen jou lewe op pad is.

Nou wat bedoel ek met ‘afbreek en herbou’?

Mense wat seer in jou lewe bring moet vergewe en dan laatgaan word. Dis tyd vir nuwe en beter mense. As jy twyfel of mense daar sal wees in die moeilike tye of as jy wonder of hulle by jou begrafnis sal opdaag, *dan is hulle nie die mense wat jy nodig sal hê in die nuwe jaar nie. Eerder die “beste” as “beter”. Ja, beste is beter*. Hiermee bedoel ek nie altyd meer nie. Kwaliteit bo kwantiteit. Daar is altyd beter daar buite!

Nes mense moet die dinge wat jy in jou lewe doen jou nie ongelukkig maak nie. As jy ontevrede is met iets het jy die reg om dit te sê (solank dit nie iemand anders benadeel nie). Wees opbouend in die kritiek wat jy lewer en hou op agterbaks wees en mekaar beskinder. Sommige probleme kan ons nie alleen hanteer nie, vra vir hulp.

Die punt wat ek probeer maak: Probeer nuwe dinge, maar verbeter op dit wat sleg is. Verwyder die sleg en verbeter die goeie. Hê ‘n geseënde jaar in 2017 en onthou die wêreld skuld jou niks, maar jy skuld die wêreld alles.

Ru.

*Sub: Dale Hendricks (Buiten vir rugby speel kan hy skryf ook)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s