Jou Romeo, moet ek dit gaan kyk?

Deur Ruan de Ridder

Op Donderdag, 1 Desember 2016, is die premier van die nuwe Afrikaanse-tienerfilm, Jou Romeo, by Cradlestone Mall in Krugersdorp gehou.  Die bekendstelling is afgehandel en die film is gereed vir sy landswye vrystelling op die 23 Desember vanjaar.  Hier is wat ons dink van die film:

Oor die storielyn:                                                   ***

As jy dan nou nog nie weet waaroor Jou Romeo gaan nie, is hier ‘n kort opsomming;  Die skool se drama begroting word gesny en die enigste manier vir die dramaklub om hulle langbeplande Romeo & Juliet op te voer, is deur 500 kaartjies te verkoop.  Die enigste manier hoe hulle dit kan doen is om die skool se krieketster, wat beter akademies moet presteer om ‘n beurs vir universiteit te kry, ‘n kompromie aan te gaan.  Sy deelname as Romeo in Romeo & Juliet vir ekstra-wiskundeklasse.

 

Die storie het ‘n goeie idee, die uitvoering daarvan is wel nie naastenby aan perfek nie.  Van die teks verlaag die opwinding van die film só dat dit voel of jy vir drie ure lank in die teater sit, al is dit net ‘n uur en ‘n half lange fliek.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, die idee is goed.

Oor die klankbaan:                                                 *****

Loki Rothman en die musiekvervaardigers het hier regtig beïndruk.  Die liedjie keuses en oorspronklike liedjies was uitstekend en ook op die regte tye in die flim geïnkorporeer.  As die klankbaan uitkom, raai ek jou definitief aan om dit te koop.

Oor die akteurs en hulle karakters:

****

Marko Marais, die hoofrol, word deur Ruan Wessels vertolk.  Marko is ‘n kranige krieketspeler, nes Ruan.  In die film kom Marko as jou tipiese ‘hotshot’-hartebreker voor.  Waar Ruan wel nog kan verbeter is die duidelikheid van sy woorde, iets wat Marko in die film ook aanvanklik mee sukkel. Verder was dit goed!

Elani Dekker vertolk die rol van Yvette Verwey.  Yvette het so paar geraamtes in haar kas en ‘n koudhartige besluit van haar kant af veroorsaak die konflik in die film.  Elani het ‘n goeie werk gedoen om die rol van #icequeen (soos sy op Jou Romeo se webtuiste bekendstaan) oor te dra.

Haar beste vriend, Tyler le Roux, en sy droom al van graad agt af om saam Romeo & Juliet op te voer.  Christopher Jon van der Westhuizen (lees gerus ons onderhoud met hom) gee vir Tyler lewe.  Tyler word so bietjie ernstiger as die ander karakters oorgedra en dit voel op ‘n stadium of hy soortvan verlief is op sy beste vriendin.  Goeie werk!

Row-lean maak seker van die humor in die film.  Sy speel Mildred Groenewald oftewel @mildred_g, die krieketfanatikus en vlogger van die film.  Sy kan ook bietjie harteloos voorkom teenoor drama drips en het ook ‘n groot rol te speel in die konflik wat ontwikkel.

Marko se bestevriend en ‘bromance-buddy’ word deur Ruan Blum vertolk.  Brink, soos sy karakter in die film bekendstaan, glo hy en Marko Marais is die beste krieketspelers in die land.  ‘n Regte jock word goed deur hom vasgevang.

Diaan Lawrenson, Dirk Stoltz en Pierre Breytenbach is ou bekendes wat ook te sien is in die film.  Carmin Coetzer het haarself goed van haar taak gekwyt.  Jong akteurs soos Johnny Potsanyane, Steinmann Goosen en Zack Mtombeni maak óók hulle verskynings.

Oor die film in geheel:

****

Afrikaanse flieks het met films soos Ballade vir ‘n Enkeling en Die Pro nuwe standaarde vir die Afrikaanse-rolprentbedryf gestel.  Ongelukkig voldoen Jou Romeo nie heeltemal aan daardie verwagtinge nie, maar daar is definitief hoop.  Die kamerawerk is goed en die toevoeging van sosiale-media, soos whatsapp boodskappe, stemnotas en die vlog, is uitstekend.  Die storie is goed genoeg en regte tienerdrama word goed vasgevang, beter as nog ooit in jeugfilms.

Opsomming:

Jou Romeo is goed en buiten dat dit in Afrikaans is, is dit ook ‘n goeie aanduiding dat ‘n nuwe era in Afrikaanse-jeugfilms oppad is.  Die teks is dalk bietjie gebrekkig, maar die film maak goed daarvoor op in die goeie redigering, akteurs en uitstekende klankbaan en kamerawerk.  Daarom kan jy dit nie misloop nie!

#lopies #leggings #liefde

15338768_344295959282691_1074462172944745765_n
Die akteurs van Jou Romeo by die premier in Krugersdorp.    Foto: Jou Romeo Facebookblad

Fotos: Jou Romeo Webtuiste en Facebookblad

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s